Retirement living at its best!

Labelle ACVV Dienstak not only offers a safe and secure environment for retirees, but also regular opportunities for social engagement.  In addition to board games and singalong, residents may also participate in exciting outings and day-trips.  Read more about our activities in some of our newsletters below.

Hear from our happy families!

Hannes en Adri Burger

Wanneer ‘n mens ouer word, breek daar vir sommige van ons ‘n dag aan wanneer ons nie meer na onsself kan omsien nie, en afhanklik van ander se sorg raak. Dis nie ‘n maklike saak nie. Maar wanneer daardie mense jou uiters bekwaam op ‘n liefdevolle wyse versorg, maak dit daardie tyd aansienlik meer draaglik. Dan word hulle soos engele, wat jou op die hande dra as jy self nie meer kan nie. So was die personeel van Huis La Belle vir my skoonma, vandat sy haar heup gebreek het en daaglikse versorging nodig gehad het. Ons het telkens verstom gestaan oor die deernis en geduld waarmee die matrone, suster en versorgers na haar gekyk het. Dankie is ‘n klein woordjie om te sê, vir die eindelose dankbaarheid wat ons teenoor julle voel. Julle is baie spesiaal!

Michael Brewis

In 2004 het my ouers, Wally en Unita Brewis hul woonhuis verlaat en hul intrek in n dubbelwoonstel van Huis La Belle geneem.  Hier het hulle as egpaar gelukkige jare saam deurgebring en gedeel in die voordele van die tehuis soos etes, skoonmaakdienste ens, terwyl hulle steeds die onafhanklikheid wat die woonstelletjie gebied het, kon geniet. My pa wie n groot liefde vir tuinmaak en die natuur gehad het, kon sy belangstelling veilig in sy klein tuintjie uitleef.

 In 2015 het my ma se gesondheid verswak en het sy laag/matige sorg van Huis La Belle ontvang totdat sy in 2016 oorlede is. My pa het sedert daardie tyd in n eenmanswoonstel in die hoofgebou gewoon tot en met sy afsterwe in 2023 in die ouderdom van 98 jaar. My susters en ek het my pa om die beurt gereeld besoek en ons was deurentyd gerus dat hy in goeie hande is. Een van my pa se hoogteunte oor die jare, was die doen van die tafelgebed in die eetsaal een keer per week. Hoewel tweetalig, was Engels sy moedertaal en het hy die tafelgebed dan ook in Engels gedoen omdat daar ook Engelsprekende inwoners tuisgaan.  Huis La Belle beskik nie oor n formele siekeboeg nie, maar dit was vir ons as familie gerusstellend om te weet dat veral, toe sy gesondheid in die later jare van sy verblyf begin verswak het, daar met die nodige bevoegdheid oor sy gesondheid en gebruik van medikasie gewaak is. Waar n gesondheidsprobleem ontstaan het, is ons as familie betyds ingelig en saam met La Belle se personeel kon ons aksie in sy beste belang neem.

Die belangrikste vir ons as familie was dat my pa gelukkig was in Huis La Belle. Hy het keer op keer vir ons gese dat hy gelukkig is om hier te kan woon en dat die personeel vir hom goed is. Huis La Belle was inderdaad in die laaste jare van my pa se lewe  sy “happy place” waar hy hom kon uitleef.

Michael Brewis
Seun van wyle Wally en Unita Brewis
20 November 2023

Read more about our socials and achievements!

January 2024

December 2023 (1)

December 2023 (2)

December 2023 (3)

September 2023 (1)

September 2023 (2)